DEKREET
Slegs tydens Covid – 19
Tydens hierdie moeilike tyd waardeur ons gaan as gevolg van Covid – 19, het
Biskoppe in hulle gebiede die besluit geneem om gemeenskaplike viering van die
Eucharistie en ander publieke dienste op te skort. Dit het ten doel om die
verspreiding van die virus te bekamp. Nietemin is navrae gerig aan hierdie
Kongregasie met betrekking tot die viering van Paasfees wat binnekort sal plaasvind.
In hierdie verband word die volgende algemene riglyne gegee met bykomende
voorstelle van die biskoppe.
1. Met betrekking tot die datum van Paasfees: Paasfees is die hart van die
hele liturgiese jaar en is dus nie maar net ‘n fees tussen baie andere nie. Die
plegtige viering van Paasfees vanaf Witte Donderdag tot Paassondag, strek
oor drie dae. Dit word voorafgegaan deur Vastyd en bereik sy hoogtepunt met
Pinksterfees en kan dus nie na enige ander tyd verskyf word nie.
2. Die Oliewydingsmis: Die Biskop het die mandaat om die oliewyding na ‘n
latere datum te verskyf, nagelang van hoe die situasie in die verskillende
lande ontvou.
3. Aanduidings vir Witte Donderdag – Paassondag: Oral waar die regerings
en kerk outoriteite beperkings in plek het, moet die Plegtige Feesdae van
Paasfees as volg gevier word:
Biskoppe sal aanduidings in lyn met die Biskops Konferensie gee, dat
in die Katedraal en die parogie kerke, die liturgiese geheimenisse van
Paasfees gevier sal word, sonder die fisiese deelname van die
gelowiges.
Die gelowiges moet ingelig word wanneer hierdie Plegtige vieringe sal
plaasvind, sodat hulle in gebed vanaf hulle huise verenig sal wees met
die priester(s) wat hierdie dienste sonder ‘n gemeente sal vier.
In hierdie verband sal regstreekse uitsendings (nie opnames nie) op
die televisie en oor die internet behulpsaam wees.
Die Biskops Konferensie en individuele bisdomme sal toesien dat
hulpbronne voorsien word en beskikbaar is om familie en persoonlike
gebed te ondersteun.
Witte Donderdag: Priesters kan in die Katedraal en in die parogie kerke die Heilige
Mis van die Laaste Avondmaal vier. Die mandaat om die Heilige Mis in ‘n geskikte
plek sonder die gemeente te vier, word aan die priesters in buitengewonne
omstandighede gegee. Die voetewassing, wat alreeds opsioneel is, word
weggelaat. Die Heilige Sakrament sal nie aan die einde van die diens na die
rusaltaar geneem word nie, en sal dus in die tabernakel bly. Priesters vir wie dit nie
moontlik is om die Heilige Mis te vier nie, moet die aandgebed van die dag bid.
Goeie Vrydag: Waar dit moontlik is, sal Biskoppe en Priesters die Lyding van Onse
Here, in die Katedraal of in die parogie kerke vier. Die Biskop sal toesien dat daar ‘n
spesiale intensie by die Algemene Gebede bygevoeg word vir die siekes, die
afgestorewenes, en vir hulle wat verlore en angstig voel.
Paassondag
Die Paasnagwaak: Moet soos dit aangedui is deur die biskop, in die Katedraal en
in die parogie kerke, waar dit moontlik is gevier word. By die Plegtige Begin van die
Nagwaak sal die voorbereiding en aansteek van die Paaskerk weggelaat word,
asook die prosessie en die Paasboodskap sal hierna volg. Daarna sal die Liturgie
van die Woord plaasvind. By die Doop Liturgie sal slegs die Hernuwing van die Doop
Beloftes nodig wees. Hierna sal die Liturgie van die Eucharistie volg. Hulle wat glad
nie die viering van die Paasnagwaak sal kan bywoon nie, moet oor die Lesings van
Paassondag in die Brevier mediteer.
Die wyse waarop kloostergemeenskappe en kweekskole hierdie Plegtige Feesdae
sal vier, moet deur die Plaaslike Biskop besluit word.
Uitdrukkings van algemene vroomheid en prosessies wat die dae van die Heilige
Week en die Paasfees Plegtigheid verryk, kan verskyf word na ander geskikte dae in
die jaar. Soos byvoorbeeld die 14 en 15 September, volgens die oordeel van die
Plaaslike Biskop.
Uithoofde van Pouslike Mandaat, sleg vir die jaar 2020.
Vanaf die Kantore van die Kongregasie vir Goddelike Aanbidding en die Dissipline
van die Sakramente, 19 Maart 2020, op die Plegtigheid van die Heilige Josef,
Patroon van die Universiele Kerk.
Robert Cardinaal SARAH
Hoof
+ Arthur ROCHE
Sekretaris van die Aartsbiskop